Waarom ons

Hello, my naam in Lize Strydom. Ek was 24 toe ek as au pair na Nederland vertrek. Ek het op daardie stadium ‘n honneursgraad in my sak gehad en het gewerk vir ‘n internasionale bemarkingsburo in Kaapstad. Ek wou graag meer weet van die werksomgewing in Europa en van die veeleisende uitdagings wat werkende moeders in die gesig staar. Ek is geplaas as au pair by ‘n familie in Bilthoven met drie pragtige meisies. Na my jaar as au pair het ek ingeskryf by die Universteit van Amsterdam om met my meestersgraad te begin. Ondertussen het ek gewerk vir verskeie bedrywe, maar besluit later tog om my eie besigheid te begin. Ek wil graag die wonderlike geleentheid van ‘n kulturele uitruilingssprogram bemark en bevorder.

Van ons kan julle die volgende verwag:

  • 'n Diens ontwerp vanuit die perspektief van 'n au pair
  • Ervaring vanuit beide Suid-Afrikaans en Nederlandse oogpunte
  • 'n Moderne sakemodel met 'n sterk digitale platform
  • Fokus op voorbereiding, beide in Suid-Afrika en Nederland
  • Nasorg vir die au pair en gasgesin.