Welkom

Ons is 'n nuwe innovatiewe besigheid wat ons daarop toespits om geskikte au pairs vir gesinne in Nederland te werf. Ons streef na die beste plasing beide vir 'n au pair en haar gasheergesin, asook op ondersteuning en nasorg vir die au pair gedurende haar uitruilingsjaar. Ons glo daarin om 'n goeie balans te gehandhaaf sodat die au pair 'n opwindende ontdekkingsjaar kan geniet en die gasouers 'n betroubare kinderoppasser het.

Ons doelstellinge is:

  • Om die vraag na au pairs te vergoot
  • Om te fokus op nasorg nadat die plasing gedoen is
  • Om ‘n ‘gap’ jaar in Europa te bemark
  • Om 'n professionele digitale platform vir plasings te skep.

Ons nooi u uit om by ons webwerf aan te meld, ’n profiel op te stel en ons te kontak indien meer inligting benodig word.

'n Au Pair

Dit is iemand tussen 18 - 31 jaar oud, wat vir ’n jaar by ’n Europese gesin gaan bly as deel van 'n kulturele uitruilingsprogram. ’n Au pair kry gratis verblyf, etes en sakgeld in ruil vir dienste as kinderopasser. 'n Au pair is 'n volwasse, nuuskierige en onafhanklike persoon.

'n Gasgesin

'n Internasionaal georïenteerde gesin wat graag betrokke wil raak by 'n kulturele uitruilingsprogram. Hulle is op soek na 'n buigsame kinderoppasser en stel hiervoor hul huis oop vir die au pair.